top of page
  • Uitmelkbos

RUGBY-SCOOP!

Bokkie Gerber, oud-redakteur en –sportredakteur, het sy Legendes-vyftiental van die afgelope 60 jaar Sondag 10 November, 2013 in Rapport gekies.

Herman le Roux, vermaarde sporteredakteur van my era – deur Danie Craven saam met Frikkie van Rensburg uitgesonder as die “beste rugbyskrywers” – het daarop aan Bokkie geskryf: “Jy het ‘n sterk en interessante vyftiental gekies. Maar net om te bewys hoe ’n moeilike taak dit is, kyk gerus na die uithaler-spelers wat jy nie eens oorweeg het nie.”

Bokkie se span was: André Joubert; Bryan Habana, Mannetjies Roux, Danie Gerber, Carel du Plessis; Piet Visagie, Joost van der Westhuizen; Morné du Plessis, Piet Greyling, Theuns Stofberg, Frik du Preez, Louis Moolman, Hannes Marais, Bismarck du Plessis, Os du Randt.

Die 38 ander spelers wat Bokkie ook oorweeg het, is: H. 0. de Villiers, Gysie Pienaar, Johan Heunis (heelagters); Syd Nomis, James Small (regtervleuels); Gerrie Germishuys, Tom van Vollenhoven (linkervleuels); Ryk van Schoor, Peter Whipp (binnesenters); Michael du Plessis, Jaque Fourie (buitesenters); Hansie Brewis, Naas Botha, Henry Honiball (losskakels); Paul Bayvel, Dawie de Villiers, Divan Serfontein, Fourie du Preez (skrumskakel); Doug Hopwood, Tom Bedford, Gary Teichmann (agtstemannne); Jan Ellis, Rassie Erasmus, Rob Louw, André Venter (flanke); Moaner van Heerden, Kevin de Klerk, Victor Matfield (slotte); Mof Myburgh, Jaap Bekker, Chris Koch, Nick Bezuidenhout, Fanie Kuhn (stutte); Piston van Wyk, Abie Malan, Gys Pitzer, Robert Cockrell, Uli Schmidt (hakers).

Uit al die oorblywende Springbokke sedert 1953 het Herman in antwoord daarop hierdie sterk span gekies:  

Percy Montgomery; Jannie Engelbrecht, Tjol Lategan, John Gainsford, Breyton Paulse; Joel Stransky, Piet Uys; Bobby Skinstad, Martin Pelser, Basie van Wyk, Johan Claassen, Mark Andrews, Piet du Toit, Adriaan Strauss, Tiny Neethling.

En sommer nog ‘n span uit die ander beste spelers die laaste sestig jaar:

Johnny Buchler: Ray Mordt, Wilf Rosenberg, Joggie Jansen, Hennie van Zyl; Keith Oxlee, Dick Lockyear; Daan Retief, Schalk Burger jr, Boland Coetzee, Salty du Rand, Bakkies Botha, Balie Swart, John Smit, Ockie Oosthuizen.

En nog een!:

Lionel Wilson; Theuns Briers, Jean de Villiers, Des Sinclair, Chum Ochse; Jannie Barnard, Garth Wright; Juan Smith, Burger Geldenhuys, Francois Pienaar, Avril Malan, Ernst Dinkelmann, Martiens le Roux, Bertus van der Merwe, Tendai Mtawarira.

Daarmee was Herman se fonteintjie nie opgedroog nie.  Hy het sy brief afgesluit: “Terwyl ek nou so lekker speel: ‘n Span soos dié kan enige van bogenoemde vyftientalle harde bene laat kou:

 Wllie le Roux: Jaco Reinach, Jeremy Nel, Ian Kirkpatrick, Gert Muller; Hennie le Roux, Francois Hougaard; Lofty Nel, Ruben Kruger, Kleintjie Grobler, Klippies Kritzinger, Jan Pickard, Hempies du Toit, Willie Kahts, Frans Erasmus.

 Op die bank: Ruan Pienaar, Gertjie Brynard, Chester Williams, Pat Lambie,  Marius Hurter, Willem Delport, Wahl Bartman en Pierre Spies.”

 (Dankie, Herman, vir toestemming om jou spanne op my blog te sit.  My eerste groot rugby-scoop!)

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page