top of page
Izak de Vries

RSG lok bekendes na die Woordfees 2011

RSG saai tans heelwat programme uit vanaf die Plataankafee in Stellenbosch. Talle bekendes het daar rondgehang. Ek het my lyf paparazzo gehou.

Cobus Bester het Monitor, die oggendprogram, lewendig uitgesaai.

Braam de Vries, Cobus Bester en Prof Dorothea van Zyl, die hoof van die US Woordfees is lewendig op die lug.

Marita Snyman, Lapa se besturende direkteur, het kom gesels oor die wenners van die Lapa-romanwedstryd.

En die wenner is ... Fransi Philips.

Die naaswenner van die Lapa-romanwedstryd is Marinda van Zyl.

Riaan Visman en Laurie Gaum het kom luister.

Tydens Spektrum, die middagprogram, het Iris Bester weer as gasuitsaaier agter mikrofoon ingeskuif.

Iris het gesels met die skrywers Johan Bakkes en Margaret Bakkes. Margaret word tagtig hierdie jaar en is vanaand vereer vir haar werk.

Tom Lanoye het ook die gehoor trakteer op sy eiesoortige humor tydens sy gesprek met Iris Bester. Tom het gesels oor sy boek Sprakeloos wat vanoggend bekendgestel is.


5 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

コメント


bottom of page