top of page

ROM, ROM, ROM, MATIES KAP OM

  • Uitmelkbos
  • Apr 9, 2013
  • 1 min read

Binne ‘n week het twee Tukkiespanne byna 100 punte teen die roemryke Maties opgestapel. Dis mos ongehoord.

My Tukkietone krul, maar ‘n mens voel half verleë, selfs half hartseer, dat ‘n universiteit met so ‘n ryke rugbytradisie so verneder moes word.

Wat skort op Coetzenburg?  

Dok Craven sou nie verleë of hartseer gewees het nie.  Ek reken hy sou sy hond se naam ingewees het.

En Oubaas Mark? Hy sou waarskynlik iets gedoen het wat met die eerste lettergreep van sy van in verband gebring kan word.

Recent Posts

See All
Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

 
 
 
SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page