top of page
  • Izak de Vries

Roger Ballen Fotokompetisie: My “Dorp”

(An English version of this document is available. Please request the previous entry.)

Vandag word Roger Ballen se naam geassosieer met die DIE ANTWOORD. Zeff, ek sê. Maar weet rapliefhebbers hoe diep sy spore oor die ganse Suid-Afrika lê? Protea het pas DORPS uitgegee. Dit is ’n versameling van sy ikoniese vroeër werke – uit die dae toe Zeff nog nie deel van ons woordeskat was nie, toe ’n Antwoord nog ’n vraag gehad het, toe die lewe nog stadiger was. Dit is ’n klassieke versameling hierdie – ’n moet vir enige fotograaf se versameling. In Ballen se eie woorde: “In many ways I feel as if I have recorded the elements of a dying culture. I photographed these towns in the hope of ‘freezing’ time and arresting the utter extinction of the South African dorp.”

Ons nooi julle uit om deel te hê aan hierdie geskiedkundige oomblik. Ons kompetisie staan bekend as My “Dorp”. Stuur asseblief vir ons jou foto’s oor daardie plek wat vir jou “dorp” is – of dit nou die stadskern is waar jy bly, of ‘n pragtige plattelandse plekkie waardeur jy eens gery het. Onthou, jy behou volle kopiereg op jou foto’s.

Protea gee drie wonderlike pryse weg. Een prys elk gaan vir:

  1. Die beste swart-en-witfoto

  2. Die beste kleurfoto

  3. Die beste stukkie nostalgie

Roger Ballen sal self die wenfoto’s kies!

Elke wenner sal ‘n getekende kopie van DORPS ontvang, asook ‘n R500 geskenkbewys om te gebruik op enige van Protea se boeke. Stuur asseblief julle inskrywings na foto@proteaboekhuis.co.za (die reëls verskyn hieronder.) Stuur asseblief hierdie e-pos aan enige een wat mag belangstel. Die sluitingsdatum is 1 Maart 2011.


Tans by alle goeie boekwinkels. Vra jou winkel om te bestel as hulle dit nog nie het nie.

Dorps: The Small Towns of South Africa

Outeur: Roger Ballen

Voorgestelde kleinhandelprys: R350,00

ISBN: 978-1-86919-394-2

Formaat: 285 mm X 238 mm

Hardeband, aantal bladsye: 160

Reëls

  1. Foto’s moet gestuur word aan foto@proteaboekhuis.co.za met MY DORP in die onderwerplyn. Die sluitingsdatum is 1 Maart 2011.

  2. Stuur asseblief net een foto per e-pos.

  3. Net die eerste drie inskrywings van elke fotograaf sal vir die prys in aanmerking kom.

  4. Foto’s moet as JPGs gelewer word en die langste sy moet 1024 pixels wees. Voorkeur sal verleen word aan foto’s wat aan hierdie spesifikasies voldoen, maar ons moedig enigeen aan om in te skryf, so, as jy bogenoemde verstaan nie, sorg net asseblief dat jou foto’s nie groter 2 megagrepe is nie! (Foto’s wat te groot is, sal outomaties gediskwalifiseer word.)

  5. Foto’s mag digitaal verbeter word.

  6. Alle foto’s moet vergesel word van die volle naam, e-posadres en posadres van die fotograaf. Professionele fotograwe mag kies om hulle ateljees se name te gebruik, maar skuilname sal nie aanvaar word nie.

  7. Protea Boekhuis behou die reg voor om inskrywings te publiseer om sodoende hierdie kompetisie te bevorder. Onder “publikasie” word verstaan dat dit per e-pos, op enige digitale forum, waaronder die internet, en in die gedrukte media mag verskyn. Protea Boekhuis onderneem egter om nie enige foto vir enige ander rede te publiseer sonder om eers die skriftelike toestemming van die fotograaf te verkry nie. Die fotograaf behou volle kopiereg.

  8. Geen foto wat voorgelê word, mag inbreuk maak op kopiereg nie, en die deelnemer vrywaar Protea Boekhuis en enige agente wat namens Protea Boekhuis optree, van enige optrede wat mag voortspruit uit ‘n foto wat voorgelê word.

  9. Enige persoon mag deelneem. Pryse sal gratis aan deelnemers, wat in Suid-Afrika woon, gepos word. Sou ‘n buitelandse deelnemer wen, sal Protea Boekhuis met die persoon in verbinding tree rakende die beste manier om die prys aan haar/hom te besorg.

  10. Werknemers van Protea Boekhuis en hulle gesinslede sal nie in aanmerking kom vir die pryse nie.

  11. Die beoordelaars se besluite is finaal en geen korrespondensie sal daaroor plaasvind nie.

  12. Deur deel te neem, gee die deelnemer die reg aan Protea Boekhuis om haar/hom in kennis te stel van verdere kompetisies en soortgelyke promosies. Protea Boekhuis onderneem egter om nie deelnemers se adresse aan buitepartye te verskaf nie, en onderneem ook om ‘n deelnemer van die databasis te verwyder indien so ‘n versoek skriftelik gerig sou word.

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page