top of page
  • Uitmelkbos

RILLINGS OOR ‘N GAS

More uit Sabiepark

‘n Geskokte kollega van weleer rapporteer met rillings dat Die Burger Saterdag verskyn het onder die hand van ‘n gasredakteur, die nimlike Antjie Krog.

Dié het haar genadiglik kortstondige redakteursoordeel uitgeoefen deur onder meer die spotprent en ‘n pikos-artikel uit te gooi en ‘n strokiesprent in daardie ruimte te plaas of so iets.

Wat ook al die presiese gegewe, stuur die mededeling (en die blote idee) terstond ook ‘n rilling deur hierdie lyf.

Dis asof ‘n proefbuis met varkgriep-virusse telefonies, deur Telkom se lyne in die Kaap tot in my Nokia-handstel hier in Sabiepark, by my afgelewer is.

‘n Gasredakteur – bid jou dit aan!

Het iemand al gehoor van ‘n gas-chirurg, ‘n gas-vlieënier of selfs ‘n gas-sweefstokarties, ‘n gasvragmotorbestuurder of ‘n gaskassier by ‘n bank of supermark?

‘n Redakteur dink duidelik min van sy posisie as hy sulke studentikose grapjastery in ‘n koerant van betekenis toelaat. My probleem is dat hy ‘n beroep wat respek verdien, daarmee beroof van sy professionaliteit en op die swaargewig-tradisies van ‘n dagblad ‘n geringskattende soort rieldans uitvoer.

O wee, wat word van die ernstige joernalistiek?

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page