top of page
  • Izak de Vries

Riana Scheepers in Tulbagh

14 09 14 Tulbagh_090

Riana Scheepers het op Saterdag 13 September in Tulbagh opgetree as deel van die Tulbagh Kunstefees.

Die organiseerders van die fees en die Tulbagh Hotel het baie moeite om ’n baie mooi ruimte te skep vir haar praatjie.

14 09 14 Tulbagh_092
14 09 14 Tulbagh_093

Hier is Nelia Retief en Coenie Visser voor die Tulbagh Hotel. Hulle twee is die hooforganiseerders van die fees.


14 09 14 Tulbagh_095

Hier is Nelia en saam met Johann en Riana. Dit was hulle troudagherdenking. Hulle twee is op Tulbagh getroud. Ons het almal ’n glasie sjampanje gekry saam met die ete – wat deur Riana en Johann geskenk is.

14 09 14 Tulbagh_107

Die kos was heerlik. Die eerste gang was ’n behoorlike stuk bobotie, saam met geel rys, wat uit Riana se Vallei van melk en heuning gemaak is.

14 09 14 Tulbagh_099

Daarna het ’n heerlike melktert gevolg met die resep wat ook uit Riana se boek kom.

14 09 14 Tulbagh_115

Natuurlik het die gaste hulle verlekker aan Riana se stories.

14 09 14 Tulbagh_131

Riana het, onder andere, vir ons vertel hoe Johann haar die hof gemaak het deur vir haar ’n enorme bak bloedrooi rissies te bring een Valentynsdag.

* * *

Besoek gerus http://www.tulbaghtourism.co.za/ vir meer inligting oor dié mooi dorpie.

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page