top of page
  • Uitmelkbos

"Regsgrap"

Iemand moet nog ‘n studie in diepte doen oor hoe verskillende mense ‘n grap oorvertel. Die volgende kom van ‘n skoolmaat, ver gevorderd in die regte (of “hoog op” in die regte, soos my ma sou se) .

Dit tref my dat sy storie ‘n bepaalde regskarakter het, of tas ek mis?

Hier’s hy:

Piet gaan vir sy kode 14 lisensie – dis nou vir ‘n ekstra swaar voertuig. Die inspekteur vat hom uit op die pad en hy slaag die praktiese toets met vliegende vaandels. Toe net kantoortoe vir die teoretiese deel. Blyk toe die inspekteur is uit vraestelle ne hy vra of Piet sal omgee as hy hom sommer ‘n mondeling gee. Piet het geen beswaar nie. Die vraag is toe die volgende:

“Jy ry nou met hierdie ekstra swaar voertuig van jou, ‘n dubbeldekker met 60 beeste op en agteraan ‘n sleepwa met nog 30 op. Voor jou ry ‘n soortgelyke trok met 24 ton sand op plus ‘n sleepwa met nog 10 ton. Jy sukkel op ‘n kronkelende bergpaadjie om by die stadige ding verby te kom, en uiteindelik kry jy ‘n kilometer reguit pad om verby te gaan, maar weerskante van die pad is ‘n helse afgrond. Net toe jy langs die sandlorrie is, kom daar voor om die draai ‘n lorrie met 24 ton stene op en ‘n sleepwa met nog 12 ton agterna. Besig om hom verby te steek is ‘n lorrie met drie dekke skape en ‘n sleepwa met nog 100 skape op. Die vier voertuie is nou besig om tussen die twee afgronde op mekaar af te jaag. Wat sal jy doen?”

Piet dink ‘n rukkie en se toe: ” Ek sal vir Kosie wakker maak.”

“Wie is Kosie?”

“Hy’s my lorrie-assistent en hy slaap altyd op die matrassie wat groot lorries agter die sitplekke het.”

“Nou wat sal hy aan die situasie kan doen?”

“Nee hy sal niks kan doen nie, maar Kosie kom van Koster af en hy het nog nooit ‘n f-k-p gesien nie.”

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

コメント


bottom of page