top of page
  • Uitmelkbos

REG OPGESKROEF



Regter op 103

Meesal verstaan ek nie mooi wat presies hul ontdekkings behels wat nuwe kennis tot die mensdom bygedra het nie, maar ek lees tog die berigte oor die Nobelpryswenners met ‘n fynkam.

Elkeen wat ‘n paar dae gelede se blog “My liewe jong vriend …” gelees het, behoort te kan raai wat my so boei. Laat my maar bely: Dis die mense se ouderdomme. Bepaald nie kuikens wat met hierdie groot eer wegstap nie; wel mense van 79, 69, 68 jaar. Die “gistermense”, volgens sommige.

Nes wetenskaplikes kan regters ook nie warkoppe wees nie. Hulle koppe moet as ‘t ware REG opgeskroef wess. In daardie blog het ek genoem van die Amerikaanse regter Wesley E. Brown, wat tot die ouderdom 103 jaar steeds sake verhoor het (net nie sake wat lank sou sloer nie!).

Sy werketiek het hom boonop genoop om nog die trappies na sy kantoor op die vierde verdieping van die hofgebou in Wichita, Kansas, te klim toe hy al oor 100 was – ook ‘n voorbeeld vir vele veel gemaksugtige jongeres.

In Amerika was ook ‘n regter, John Paul Stevens, wat tot op sy 90ste jaar ‘n uiters senior pos op die regbank beklee het.

In Suid-Afrika het wyle Oscar Galgut op 70 afgetree as ‘n appèlregter en daarna totdat hy 80 geword het nog pal as ‘n waarnemende appèlregter in Bloemfontein gesit. Henry Preiss en Frank Kirk-Cohen het in die Noord Gautengse Hof gesit totdat hulle 75 jaar oud geword het.

Vroeër is fikse regters wat bereid was om nog te werk, toegelaat om voort te gaan ná 70. Sedert omtrent 2005 het die beleid verander. Indien ‘n regter op 70 reeds 15 jaar diens voltooi het, moet hy plek maak vir ‘n jongere. Dis mos maar hoe dinge vandag oral gaan.

Die regbank is in hierdie opsig tog nog goeie uitsondering. Nie oral word gryses – of hul verstandige menings – nog tot die rype ouderdom van 70 waardeer – selfs geduld – nie. Maar ek is nie vandag in die luim vir swaarde kruis nie. Noem dus liewer nie wie en wat ek hier in die visier het nie. Wou maar net gesê het. Nou het ek.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page