Annemarie van der Walt skryf oor Meer as een grens van Connie Luyt. (Boeke24) Dankie vir die nuus. Maar wat op aarde is “uitknoping” en “suutjie-spaai”?
André Bartlett skryf oor Op soek na Jesus van Neels Jackson. (Boeke24) My eerste reaksie, terwyl die paragrawe van die resensie verbygaan, is dat nòg Jackson nòg Bartlett al gehoor het van Robert Graves se King Jesus. Maar dit blyk gou dat Jackson ‘n nuwer, vindingryker idee had vir hierdie boek. Bartlett se aanpak is ewe verfrissend, en totaal sonder dweepsug. Werklik ‘n resensie wat die moeite werd is om te lees. Sê iemand wat glad nie in hul teikengehoor is nie.
Comments