top of page
  • Uitmelkbos

QUE SERA, SERA

Ek los Tokkie ‘n rukkie alleen by haar ma wat, ‘n maand voor haar 99-ste verjaardag,  úitgeteer, baie verswak, met starende groot oë en sonder ‘n geluid in haar bedjie op die onderste vlak van die netjiese Groeneweide-tehuis op Darling lê.  

 In die sitkamer tel ek die boek op wat ek saamgebring het: “Leer ken die Bybel in 30 dae” deur J. Stephen Lang.  Ek blaai na bladsy 449. Ek is nou op Dag 21: Oor Tekens en Wonders.   

 Die volgende oomblik klink klaviernote op.  Die wysie klink-klink bekend.  Toe val die ylerige stemme in, oorwegend vroue, hoor ek. Elke woord – ai, hoe goed ken ek dit nie uit my matriekdae op Volkies, Potch nie! – registreer duidelik in my ore:

 When I was just a little girl

I asked my mother, what will I be

Will I be pretty, will I be rich

Here’s what she said to me. Que Sera, Sera,

Whatever will be, will be

The future’s not ours, to see

Que Sera, Sera

What will be, will be. When I was young, I fell in love

I asked my sweetheart what lies ahead

Will we have rainbows, day after day

Here’s what my sweetheart said. Que Sera, Sera,

Whatever will be, will be

The future’s not ours, to see

Que Sera, Sera

What will be, will be.

Now I have children of my own

They ask their mother, what will I be

Will I be handsome, will I be rich

I tell them tenderly: Que Sera, Sera,

Whatever will be, will be

The future’s not ours, to see

Que Sera, Sera

What will be, will be.

 “Que Sera, Sera, whatever will be, will be” –  die sprankelende Doris Day se trefferopname was in 1957 weke lank op LM Radio se Treffersparade.  Selfs Perry Como se pragtige “More” is in die tweede plek gedwing.

 Ek dink aan die ironie dat juis die oumense dit vandag in hierdie oomblikke sing.  Elkeen dink seker in haar hart aan haar eie “que sera, sera”.  Soos ek aan ons dink – en aan Ouma s’n. Ouma  wat al 63 jaar alleen haar paadjie vind nadat Tokkie se pa jonk dood is.  

 Die boek vergete, staan ek op en stap na die oop deur van die eetsaal waarvandaan die singery kom.  Voor die klavier sit ‘n grys dame. Die ander tafels waar die mobiele inwoners pas tee gedrink het, sit vol vroue. Elkeen het ‘n boek voor haar.  Konsentreer op die woorde.  Baie met ‘n leesbril op punt van die neus.

 Die laaste akkoorde sterf weg. “Pragtig gesing”, hoor ek ‘n matrone se pluimpie.  Toe roep iemand: “Nommer 9”.  Die pianis begin die note voel-voel. Kry die ritme gou reg.  En die ou dames begin weer sing:   

 One day when we were young   

That wonderful morning in May

You told me you loved me

When we were young one day

Sweet songs of spring were sung

 And music was never so gay

You told me you loved me

When we were young one day

You told  me you loved me

And held me close to your heart

We laughed then, we cried then

Then came the ti-ime to part

When songs of spring were sung

Remember that morning in May

Remember you loved me

When we were young one day.

 Ek dink aan Gracie Field en Miliza Korjus wat “One day when we were young”  so meevoerend kon sing op plateaande by Volkies, aan handjies-vashouery onder die galery in die skoolsaal, sommer aan alles en almal van daardie eendag toe ons nog jonk was.

 Eendag lank-lank gelede. Vir party langer as vir ander. Soos vir Ouma aan die vooraand van 99 – as sy dit gaan haal.

 Skielik pak ‘n aangedaanheid my soos die digte mis vandag hier op Melkbos.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

댓글


bottom of page