top of page
  • Uitmelkbos

PYPER, JOU …….!

Noem iemand die naam van die digter-dokter van Pretoria Theo Wassenaar dink ek aan sy bruisende See-sonnet wat hy op ‘n boot van Engeland af Kaap toe geskryf het:

“O magtige oseaan, jy wydgestrekte, Omsirkel deur die ongemetenheid, Diep in jou boesem rus die onontdekte: Alleen jou swaar gehyg verneem die tyd ……”

Gaan lees daardie vers sommer nou. Hy is in omtrent elke Verseboek. Jy proe, ruik en hoor die see in elke woord.

By ‘n verjaardag op Melkbos was gisteraand ook na-familie van Wassenaar, Corinne Riphagen en haar man, Rip. Ons is vergas op mooi Oom Theo-stories, en ek en Corinne het See-sonnet sommer spontaan in ‘n tweemens-spreekkoor begin voordra. Daardie woorde is onvergeetlik.

Maar dis eintlik Rip se storie wat ek vandag wil vertel. Hy onthou dat ene Adrianus Pyper doerie tye dikwels met Oom Theo oorhoops was. Om sy irritasie uit te druk kom Wassenaar toe met die volgende ongepubliseerde juweeltjie vorendag:

“Sy naam is Pyper Adrianus, Wat daarvan nie te verstaan is – Die Adri kom voor die anus.”

‘n Vindingryke manier om vir Adrianus Pypers ‘n beskrywende woord toe te voeg wat nie in ordentlike geselskap sal deug nie!

4 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Комментарии


bottom of page