top of page
  • Uitmelkbos

PURGASIE VAN ERGE STOFFASIE

Op Melkbos woon ‘n skugter poe-eet Wat ewe beskeie net HvD heet.

Vandag sit ek my verslete versiemaker-keps op. Wat my tot digterlikheid noop, is gister se mediese prosedure van kamera sluk (van bo) en kamera ontvang (van onder.) Veral laasgenoemde gaan sit nie in ‘n man se broek nie.

Almal wat al deur ‘n kolonoskopie is, sal weet van Picoprep:

Dis ‘n turbo-purgasie Van ‘n erge stoffasie; Dit word ‘n lelike ding As jy jou nie has-ie.

Na aanleiding van ‘n vriend wat wens jy kon liewer net ‘n knoppie druk en siedaar, die resultaat:

Deur elke denkbare kanaal Van nasaal tot urinaal, Al is dit ook hoe skeef en krom ‘n Dokter sal wel in kan kom. (Parodie op ‘n ou HvD-versie)

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page