Daar is vandag in Beeld ’n wonderlike resensie deur Theo Kemp oor Byna Liefde.
Ek sê mos, moenie ophou resensies lees nie!
En dan het HJ my hart verder bly gemaak met hierdie woorde op my blog oor daardie onderhoud met Breyten:
Ek
verstaan nie die weerstand nie! Jou resensie was kreatief en uitdagend en ek
het die dêm ding gaat staat en koop.
Jou resensie het duidelik die leser se intellek respekteer en baie oorgelaat om
'n eie mening te vorm.
Jy het MOEITE gedoen. Die resensie is duidelik die produk van baie dinkwerk.
(?)Wat meer kan 'n skrywer vra.
Die soort resensie wat enige skrywer sou wou raam.
Waaroor gaan ons nou debat voer?
Comentários