- Uitmelkbos
PRYS VAN VLAMME
Korrupsie kos ons soveel, vakansiedae soveel, motorongelukke soveel … Hoeveel kos die perverse kultuur van brandstigting Suid-Afrika per jaar?
Hoe geweldig moet ‘n mens se woede wees – of hoe hartverskeurend beneweld jou verstand – as jy selfs bates en geriewe vir jou eie mense se voordeel en lewenskwaliteit, soos hospitale, biblioteke , universiteitsgeboue, busse, ens., in vlamme laat opgaan om jou standpunt oor te dra?
Bestaan ‘n sielkundige verklaring? Is dit bloot ‘n barometer van beskawingsvlak?
Wens hierdie onbegrypende grysaard kon antwoorde vind op hierdie vrae.
#brandesekoste #brandebrandstigting #hennievandeventer #melkbos