top of page
  • Izak de Vries

Professor Hans du Plessis is vandag 70 jaar oud.

HANSgraad-een-1951

Foto: Versindaba, kliek hier vir die res. Hans du Plessis is vandag 70 jaar oud. Hierdie taalkundige, met ’n postdok van Harvard, is veral bekend vir sy omdigting van die Griekwapsalms. Hy het ’n slag aan my gesê dat die gewildheid hiervan eintlik ’n probleem is, want talle mense glo dit is volksbesit en gebruik die gedigte nou vir enige iets onder die son, sonder om te dink dat hy die outeur is. Hoe ook al, Innie skylte vannie Jirre het nou al meer 65 000 eksemplare verkoop. Tog, Hans du Plessis het meer as 160 publikasies agter sy naam. Hy het al verskeie toekennings gekry en het talle jong outeurs gehelp om aan die skryf te kom. Besoek gerus die twee foto-albums op Versindaba. Lees ook LitNet se outeursbiografie. Besoek ook LAPA se outeursbiografie. En NB se outeursbiografie. Ek dink ook Joan Hambidge se resensie oor Hans du Plessis se Inboekdeling is die moeite werd om te lees. Hans se stuk in Spoorvat is nie te versmaai nie, hier is ’n proeseltjie.

innie_skylte_van_die_jirre
3 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page