top of page
  • Izak de Vries

President Obama?

Ons sal die Kap Classique oopmaak as dit amptelik President-Elect Obama is.

Gisteraand se wyn was om die moontlikheid te vier.

’n Swart man in beheer van die VSA! Wow. Party van ons het nogal van oubaas Jesse Jackson gehou, maar hy was nooit ’n sterk genoeg aanspraakmaker nie.

Viva Obama! Viva! Hierdie Afrikaan is trots op jou!

Ek moet onmiddellik bieg, tannie Hill C kon my opgewonde maak nie. Ja, ’n vrou in die withuis se warm stoel is ’n goeie idee, maar ek onthou vir Maggie. En, dit was ’n skrikwekkende ervaring. Ek weet nie of Hillary veel anders sou gewees het nie. Dalk sal die regte vrou eendag die ding doen. Net soos die regte swart ou besig is om die pyp te rook!

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page