top of page
  • Uitmelkbos

POING-POING POING-POING

In my vorige stukkie is die horlosie teruggedraai tot die lekkersing-skoolliedjie van die 50’s en 60’s oor die Jood se “neus” op die maat van Valencia.

‘n Tydgenoot, Johan van Wyk van die Strand, onthou die liedjie “Tekkies laat jou voete stink, Brasso laat jou stêre blink” op die maat van Pale Toe. Hy het ook ‘n vae herinnering aan ene waarvan hy die naam en wysie nie kan onthou nie: “Die maan skyn so helder op my p…..” en so aan voort! Ons seuns het dit ook graag op busse gesing as ons van Potchefstroom af die ou Wes-Transvaal deurkruis om op die sportveld te gaan kragte meet.

Op ‘n meer geraffineerde trant onthou my vriend na 50 jaar steeds elke woord van die koortjie van ‘n rugbyliedjie uit sy skooldae op Boys High in die Paarl:

“Walking down the dear old town, doors and windows open wide, for we can sing and we can dance and we can do some footballing, for we are the Boys high boys. And the forwards make scrum and the halfback puts it in, the halfback to the center, the center to the wing, and the wing scores a try and the girls began to cry, for we are the Boys high boys!”

Om die dood kan hy egter nie onthou op watter wysie dit gesing is nie. Dit was dalk sommer opgemaak.

Het die Engelse kinders slimmer, ouliker, oorspronkliker, verfynder liedjies as hul Boere-eweknieë gesing? Lyk amper so. Hierdie ene het Piet Henning van St. Johns in Johannesburg saamgebring Tukkies toe van hul buurskool, die meisiekool Rodean, af¨

“We are the girls from Rodeon High, we take pride in our virginity; we take precautions by having abortions, we are the girls from Rodean High.”

Piet van Makhado/Louis Trichardt het ‘n indrukwekkende repertorium oneerbiedige rugby songs van St. John’s College in Johannesburg saamgebring na Kollege-tehuis waar ons in 1958 saam eerstejaars was.

Van Piet se liedjies weerklink soms nog as ‘n klompie Kollegemanne soos vanouds saamkuier. Net, nousedae gaan dit darem heelwat stigteliker! Omdat baie van die woorde in die vergetelheid geraak het, klink dit meermale soos ‘n minder harmonieuse neuriekoor.

Die woorde van een Piet-lied, The Ball at Kerriemuir, onthou ek soos gister: “Four and twenty virgins came down from Inverness, and when the ball was over, there were four and twenty less… “

My ervaring is egter dat ons ou 70-ietsers in die algemeen die akrobatiese doen en late van ene Mrs McGinty in dieselfde lied uitstekend onthou: “Mrs McGinty, she was there; she kept us all in fits, by jumping off the mantle piece and bouncing off her t**s”.

Ons sing ook graag nog “Way down in Arizona where the doggies shovel coal, a doggie shovels shovels up another doggie’s hole.” Die tweede strofe is iets in die volgende trant: “Way down in Arizona where the birdies pick up grass, a birdie picks a feather from another birdie’s a**e.”

Voëls maak ook hul buiging in die “koor” van die ietwat weemoedige Quarter Master Stores: “My eyes are dim, I cannot see, I haven’t brought my specs with me… …And now ladies and gentlemen, we come to the kee-kee bird … the ostrich … the ooh ah bird…” Dan word o.m. uitgewei met watter moeite elke soort haar eiers lê. Laasgenoemde uiter na die verskriklike inspanning van die eierproduksie net “oee-aaa!”

‘n Afrikaanse liedjie uit my Tukkiedae is Hasie, Hasie Vaaljan wat Peet Langley altyd op sy kitaar uitgetokkel het. Pierre le Roux van Mosselbaai het die woorde uit sy geheue opgediep en sing dit deesdae graag vir sy kleinkinders. Dit laat hulle kraai van plesier. Die eerste versie lui:

“Hasie, hasie Vaaljan

Olifant speel kitaar

Slakkie blaas die saksofoon

En skilpad sê net poing-pong, poing-pong…”

Pierre sing tot by die skilpad wat sê. Die kleinkinders dra ‘n entoesiastiese “poing-poing, poing-poing” by.

Oupa Hennie sal sy stembande moet oefen!

6 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page