top of page
  • Uitmelkbos

PLETTERVAT!


Hoe’s daai vir ‘n plettervat? ‘n Troppie rooibokke kry snuf in die neus; sit op loop en loop hulle vas in die luiperd se hinderlaag.

Hierdie manjifieke foto en nog ‘n hele reeks, die een so skitterend soos die ander, verskyn in die someruitgawe van “Wild”. Die fotograaf is Martha van Rensburg. Die plek is iewers in die Kruger, vermoed ek.

Daar’s ook ‘n video op You Tube van hierdie skouspelagtige duikslag. Des te asemrowender.

(Die foto wat ek eintlik wou oorneem – die oomblik van impak – wou om die dood nie oplaai nie.  Slimmer bloggers as die uwe sal seker weet hoekom nie.)

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comentários


bottom of page