top of page
  • Uitmelkbos

PLESIERRIT


1-m1

Elkeen het sy vreugdes, groter of kleiner. Vir klein Migael op George is die vreugde van sy negejarige lewetjie vol uitdagings en belemmernise nou om bus te ry. Sy ma , Mariza (ons skoondogter), skryf mooi oor die nuut ontdekte plesier in vandag se George Herald.

GO GEORGE LAAT ONS SEUN SE HART SING

Vra vir enige ouer van ‘n kind met spesiale behoeftes wat die uitdagende pad die moeite werd maak, en hy sal vir jou sê wanneer sy kind gelukkig is. Go George busry is die een ding wat ons seun Migael oënskynlik gelukkig maak.

Hoe weet ons dit? Outiste wys nie emosie nie, maar wanneer Migael op ‘n Go George bus ry glimlag hy van oor tot oor… Migael is gebore met ‘n baie raar metabolise defek, Phenylketonuria (PKU), en in sy geval ook outisme. Maar dit maak nie van hom ‘n minder brawe seun nie! MIgael en sy tutor Natasha Ranna maak gereeld gebruik van die Go George busse om ander tuisskool-maats, die Garden Route Mall, Geronimo Spur en die biblioteek te besoek. Die plesier wat dit aan ons seun verskaf is merkwaardig.

Natasha rapporteer dat vriendelike busbestuurders hulle telkens verwelkom en besorg is oor Migael. Ongelukkig is hy nie gaande oor die kleiner weergawe van die busdiens, die Sprinters nie. Tot almal se vermaak moet busbestuurders, passasiers en Natasha plegtig belowe dat hulle binnekort kan oorklim op die “regte groot” busse!

Dankie Go George! Julle diens maak ‘n wesenlike verskil in ons gesin se lewens

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comentários


bottom of page