Ingrid Winterbach resenseer Deel XIV (S-SKOOI) van die WAT. (Boeke24) Terwyl Rapport se groot boeke-droogte voortgaan, het Boeke24 sommer baie lewendig geword. Die jongste teken daarvan is die keuse van Ingrid Winterbach as resensent van Deel XIV van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Winterbach is naas Marlene van Niekerk die vlugtigste gebruiker van Afrikaans onder die huidige geslag skrywers. Om een van haar romans te lees, is om op ’n taal-ontdekkingstog te gaan. Haar reaksie op hierdie deel van WAT gee mens ’n idee van die manier waarop sy taal benader, en hoe sy woordeboeke gebruik. Woordeboeke is nie net nutsboeke nie, hulle is ook ’n enorme plesier, iets waarin mens kan snuffel sonder end. Dít is wat Ingrid Winterbach se resensie vir my sê (en, uiteraard, dat mens nie altyd ‘n leksikograaf hoef te kry om woordeboeke te resenseer nie). As mens kyk na die lyste voorbeelde wat sy aanhaal, is daar net een ding wat die resensie-leser kan sê: Hoe wonderlik werk daai kop nie!
Uitmelkbos
Comments