top of page
  • Uitmelkbos

Plesier en min plesier

Plesierengel, deur Leon van Nierop. Resensie: Johan van Zyl (Boeke24) Baie plesier gehad aan hierdie resensie. Met hersiene uitgawes is dit altyd verkieslik dat die resensent albei weergawes gelees het, soos die geval is met hierdie nuwe weergawe van ‘n 16-jaar oue roman. Van Zyl haal met groot genot sommige van die skrywer se vindingrykhede aan, maar uiteindelik laat skemer hy ook genoeg agterdog oor die sensasie deur, en uiteindelik is ‘n mens onder geen illusie nie: Die herskrywing van Plesierengel is steeds verstrooiingslektuur.

Gekoopte leuens, deur Lien Roux-de Jager. Resensie: Riaan Grobler (Boeke24) Positiewe resensie, maar geen geesdrif by die resensent te bespeur nie nie.

Maar wie snoei die rose in die nag? deur Abraham H. de Vries. Resensie: Cilliers van den Berg (Boeke24) Ek het gedink Cilliers van den Berg kan nie ‘n voet verkeerd sit nie, maar hier het hy. Hy takseer De Vries se  werk in hierdie bundel korrek as meer toeganklik (omdat hulle aanvanklik vir ‘n massamedium, ‘n koerant se Saterdag-bylaag geskryf is), maar hy bring dit nie in verband met die ander soortgelyke bundels van De Vries wat buite die bestek van sy “ernstige” publikasies val nie. Die res van die resensie getuig, soos mens kan verwag, van Van den Berg se kundigheid – dis net dat hy kundiger kon gewees het. Sy verwysing na “Die ander lig” en die karakter Stanley laat my byvoorbeeld wonder of Van den Berg bewus is van die verband tussen De Vries en David Kramer, of dat De Vries vantevore oor Stanley geskryf het.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page