Suid-Afrikaners sal die sak meer moet skud vir o.m. water, krag en vervoerdienste, waarsku Pravin Gordhan.
Asook vir die uitstpattige lewenstyl van die swart elite, kon hy maar bygevoeg het. (Sjiesji vir daai sjoesji!)
Nietemin, dalk is dit ‘n goeie tyd om die versie “Liewe Jan Taks” uit my hekelboekie, “Polisie, polisie, my reenboog is geroof” (Tarlehoet, 2003), weer af te stof:
Liewe ontvanger, my vrou is weer swanger, ons huisie se dak lek; ons kar is gehaai-jek; so, liewe meneer, as dit reg is met jou, sal ek vanjaar liewer my belasting terughou!
Commentaires