Spesiaal vir Magriet Malan van Bellville – ken haar van Adamskant af nie – hiermee ‘n versie uit die uwe se hekelboekie, “Polisie, Polisie , Ons Reënboog Is Geroof”, wat in 2003 verskyn het.
Die versie heet “Rommelrosie” en is in simpatie en solidariteit met haar brief in vanoggend se “Burger” waarin sy dit betreur dat die “voorportaal” tot die skone Kaap, die N1 van die Paarl se kant af, só ontsier word deur, soos sy dit stel, duisende stukkies rommel wat deur die suidooster teen die draadheining vasgewaai word.
So lui my versie:
Soos ‘n selsonsroos in die Se’doos
Waai ‘n plastieksak in ‘n droë tak;
‘n Moedswillige toeris hou hom dom:
”Is dit werklik jul nasionale blom?”
Magriet, ek het ook al in wanhoop in my lug gegooi en na die pen gegryp oor ‘n belangrike Suiod-Afrikaanse “voorportaal” wat soms gruwelik lyk. Dit is die hoofroete na die Krugerwildtuin van Hazyview af. Daar kan jy nie eens die suidoos blameer nie. Dis sommer net doodgewone morsjorse met absolute minagting vir hul mooi land en die toeriste wat dit kom besoek, wat daardie stuk pad só besoedel.
Met die Hazyview-munisipaliteit self ook nie sonder blaam nie. Dié het in sy wysheid verordineer dat die stortingsterrein teenaan die pad ontwikkel word. Magriet, jy moet sien joe dit daar lyk as die wind die gemors skep!
Ek wil tog pleit dat die sokkerbaronne die emosie rondom die wêreldbeker probeer konstruktief kanaliseer in ‘n nuwe, meer gefokusde “hou-ons-land-skoon”-veldtog as die vorige wat maar min opgelewer het.
Laduma! Teken ‘n doel aan vir ‘n rommelvrye Suid-Afrika! (HvD)
Naskrif: Vanoggend is op die nippertjioe besluit om die rugbyfliek “Invictus” in die Bayside-sentrum in Table View na ‘n ander te verskuif. Die eerste fliekgangers betrap toe die skoonmakers midde in ‘n verbete stryd om die verstommende spul lekkergoedpapier, plastiekglasies, kartonbokse, springmielies, wynbottels en wat nog wat van gisteraand se vertonings opgehoop het, op te ruim. My oë het omtrent uit my kop geval toe hulle die derde propvol sak uitdra!
Yorumlar