Die dapperste hond ter wereld. Wie kan nou so ‘n prikkelende e-pos-titel weerstaan, veral as jy daarop roem dat jy ‘n honde-liefhebber is?
Ek was dadelik nuuskierig. Toe ek die foto oopmaak. is dit egter ‘n klas dapperheid wat my oe soos pierings laat rek.
Die dapper hond herken ek dadelik. Dis ‘n goudbruin labrador. Wat hy doen, is wat honde maar gereeld oral doen wanneer die kans opduik. Wat die foto anders maak, is die voorwerp van sy amoreuse avontuurlustigheid.
Dis ‘n Bengaalse tierwyfie! En sy laat haar die attensies van die honde-Casanova klaarblyklik welgeval.
Kragtie, dag ek. Dis nou vir jou ‘n hond met ‘n tier in sy tenk. Gee die kerel ‘n Honoris Crux!
My vriend hier anderkant teel met labradors. Ek kry hom op die strand en lig hom in oor wat ek op my skerm gesien het. Ek verwag kommentaar soos “dis nou vir jou ‘n onbesonne honne”, want die ou is nogal pittig.
Maar hy verras my. Met so ‘n skewe glimlaggie merk hy op: “‘n Tierwyfie, se jy. Dis mos niks snaaks nie. Ek dag dis maar die meeste mans se lot!”
Comments