top of page
  • Uitmelkbos

Persoonlike reaksie

Vang ‘n Boer – Die stryd tussen Boer en Ovambo, deur L.J. Bothma. Resensie: André le Roux. Ek onthou dat ek in die tagtigs nie baie danig was oor Le Roux se TV-verslae nie. Bombasties. Gelukkig kan mens dit nie teen hom hou nie, en hierdie resensie is van só ‘n hoogstaande gehalte dat mens hom baie dinge sal vergewe. In baie opsigte is dit vir my ‘n voorbeeld van presies hóé ‘n resensent ‘n feiteboek soos hierdie moet benader. Le Roux gaan put uit sy eie ervarings, herlei dit na die inhoud van die boek, en vandaar lewer hy kritiek op die swak punte en prys hy die boek se goeie punte – terwyl hy steeds besig is om argumenterend verder te bou aan die reaksie. Le Roux voer sy argument tot by ‘n besluit, waarvan een helfte goedkeurend vir die boek is, en die ander daarop wys dat ‘n swak titel vir die werk gekies is. As enigiemand wonder hoekom die resensie so lekker lees, is die antwoord eenvoudig. Le Roux skryf nie net oor die boek nie, maar oor die boek se konteks, en hy gee ‘n persoonlike reaksie op albei. Daardie persoonlike reaksie is kosbaar. Gaan kyk maar hoeveel resensies verskyn waarin waaragtige persoonlike reaksie totaal afwesig is. Dit ís moontlik om ‘n mening uit te spreek en jou eie gevoelens onvermeld te laat. Ek hoop dat Le Roux ‘n meer gereelde resensent vir Boeke24 sal word.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page