top of page
  • Uitmelkbos

OUPA EN OUMA SE OPROEPSENTRUM

Waarmee hou Oupas en Oumas hulleself besig? Onder meer om vir mekaar e-posse te stuur soos hierdie ene wat nou die vierde keer by my opgedaag het en elke keer ouliker word:

Goeiedag …. Ons is nie tuis nie, maar laat asseblief ‘n boodskap na die sein. As jy een van ons kinders is, druk die nommer kind wat jy is en druk dan een van die volgende nege opsies, sodat ons kan weet wat ons moet doen as ons terugkeer:

As die kleinkinders moet kom oppas, druk 2 As julle ons kar wil leen, druk 3 As julle wil hê ons moet julle klere was en stryk, druk 4 As julle wil hê die kleinkinders moet by ons kom slaap, druk 5 As ons die kinders by die skool moet gaan haal, druk 6 As julle wil hê dat ons ‘n ete moet voorberei of aflewer, druk 7 As julle hier wil kom eet, druk 8 As julle geld nodig het, druk 9 As julle ons vir ete gaan nooi, of ons teater toe wil vat, begin praat, ons luister.

Moenie vies raak nie, kinders, ons terg sommer! (HvD)

0 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page