top of page

"Oumensies" se agterent

Uitmelkbos

My vrou, Tokkie , lees in ‘n tydskrif – Huisgenoot, meen ek – ‘n kortverhaal waarin die outeur twee wyshede oor kommunikasie met oumense kwytraak:

(i) Vermy verkleinwoordjies; (2) Moenie humoristies probeer wees nie.

Oor laasgenoemde is ek nie so seker nie. Oor eersgenoemde is ek egter 100% ad idem, veral na vanaand se nuus op SABC2.

Op Witbank ry ‘n span met veteraanmotors (ai, daardie swart ’48 Chev!) oumense na ‘n restaurant toe vir ‘n middagete. Edel gedagte. Maar toe bedinges die woordvoerder alles met sy woordkeuse … dis om iets vir die “oumensies” te doen.

Hiermee my antwoord – hoop dit kan by hom uitkom: “”Oumensies” se agterent, kleinboet!

HvD

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page