top of page
  • Uitmelkbos

OUMAPORTEFEULJE

Vir ‘n ”spesiale ouma” het ek, met haar bereiking van oumastatus, op 26/4/2004 ‘n versie geskryf wat my insigte in daardie stadium weerspieël het.

Ek het gemeen:

Oumas moet kan kook en brei, Party kan ook nog lekker vry; ’n Vet lot is al oor die muur, my eie is vol vuurplesier.

In die vyf, amper ses, jaar wat intussen verloop het, het ek nog allerlei ander ouma-eienskappe ontdek en leer ken. Ek gaan nie uitwei nie, maar een daarvan wil ek met ‘n paar foto’s probeer uitbeeld. Noem dit die magiese band tussen ‘n ouma en haar kleinkinders.

Daardie band laat hulle onder meer mekaar aansteek om op foto’s saam buitengewoon te skitter. Kyk byvoorbeeld na die foto’s van Ouma Tokkie en die tweeling wat twee weke gelede op ons boot- en treintoer geneem is.




Die foto van haar en Michael is geneem pas nadat hy in Maart 2008 as wildvreemde en ietwat verwilderde pleegkindjie in ons lewens gekom het. Op dié foto straal Ouma en die seuntjie wat haar vierde kleinkind sou word, albei ‘n besonderse vrede en harmonie uit.


Vir Marisa en haar jongste, Christopher, het ek in dié portefeulje ‘n plekkie gevind, omdat ek nie deur mammas beskuldig wil word van ‘n blinde vooroordeel ten gunste van oumas nie.


1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page