top of page

OUMA IN SNELRAT

  • Uitmelkbos
  • Mar 17, 2010
  • 1 min read

Van 0 tot 7 in ses jaar. Dit is hoe Ouma agterkleinkinders versamel het toe sy in snelrat begin oorskakel.

Al sewe agterkleinseuns, moet ek byvoeg.

Ouma, Tokkie en swaer Fanie, se ma, Marietjie, was op 7 April 2007 90 (foto). Sy het vir koek en tee aangesit saam met kinders en kleinkinders … geen agterkleinkinders nie.

Minder as drie weke later, hier’s ons Marisa (en Brent) se tweeling, Jacob en Thomas Claassens.

Daarna: langerige windstilte. Toe kom Michael in die lewe van ons oudste, Johan, (en Mariza) as pleegkind. Hy het intussen Migael Cornelius geword terwyl die papierwerk vir aanneming in Pretoria uitgesorteer word.

Kort daarna begin dit roer aan Fanie se kant van die familie. Sy (en Maretha) se dogter, Corlie, (en Lorenzo) word Alesandro Domenico Stefano Brocchetto ryker.

Toe is daar nog ‘n klein Claassens. Jacob en Thomas kry ‘n boetie, Christopher.

Gister, 16 Maart, minder as ‘n maand voor Ouma se 96ste, word Fanie se (en Maretha) se oudste, Jaco, (en Lientjie) die trotse ouers van die tweeling Bernard en SJ van Wyk.

Ouma is op vat-vat aan 96 reg vir nog uitbreidings, lyk dit.

Gaan die volgende dalk ‘n dogtertjie wees, kan ‘n mens wel wonder – en wie gaan die pa en ma wees?

Recent Posts

See All
Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

 
 
 
SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page