top of page
  • Uitmelkbos

OU LIGGEWIG-MUNTJIES

Oor die baie kraanvoëls in die Overberg raak ek nie uitgepraat nie. Hier is nog twee foto’s wat verlede Woensdag tussen Bredasdorp en Malgas geneem is – hierdie keer van kleiner groepies as die swerms van twintig, dertig wat algemeen was in die omgewing van die De Hoop-natuurreservaat, maar nader aan die pad en aan die kamera.

Van kraanvoëls gepraat: ek wonder hoekom die SA Munt hulle so stief behandel. Buiten dat dit ‘n sierlike, elegante voël is, is dit darem ook ons nasionale voël. Op watter munt pryk dit egter? Die beskeie 5c-stuk. Selfs die volop varkoor/varklelie vaar beter met sy verskyning op die 10c-stuk. Hoekom ontbreek die erkenning vir dié status van die kraanvoël?

In die algemeen word die waarde van ons nasionale simbole deur die muntmakers, helaas, nie juis hoog aangeslaan nie. Die protea haal net die ook maar liggewig-20c-stuk. Die springbokkie vaar die beste met die R1-stuk. Dis ook niks om oor huis toe te skryf nie.

Ek is nou nie ‘n ou wat glo aan petisies en daardie klas ding nie (wat het n petisie iemand al in die sak gebring?) maar miskien moet iemand met gesag tog iewers stem dik maak dat ‘n herwaardering kan kom oor die plek van ons nasionale simbole op ons geld.

Dink hoe mooi sal n R200-noot lyk met ‘n pronkende springbok, die R100 met die fiere kraanvoël en die R50 met ‘n koninklike protea – of wat praat ek alles?

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page