top of page

OS EN OT

Uitmelkbos

Toe ek in Sub A was in 1947 aan Diamantveld in Kimberley was die 7 nog geruime tyd elke keer vir my ‘n struikelblok as ek tot tien moet tel. Een, twee, drie, vier, vyf, ses … hu…… … agt, nege ….

Nou tel my 7-jarige kleinkinders vorentoe en agtertoe in allerlei konfigurasies tot wie weet hoeveel in die honderde in.

Ek het met Dinkey Toy-motortjies gespeel – oulike klein replikas van die ware Jakobs wat in die motorhuis (waenhuis!) neffens die buite-kleinhuisie met sy emmer gestaan het. Ook met sogenaamde “vet diere” – beeste, skape, varke en so. Die naam “vet diere” het beduie daardie metaaldiere was nie plat nie.

Vandag speel die kinders rekenaarspeletjies en weet van Ipads en dinge meer as hul 70-jarige oupa, wat self dink hy is nogal oulikrig met die nuwe tegnologie.

Dalk vir my as taalman die heel indrukwekkendste is hoe lees en spelling ontwikkel het. Ons generasie het nog gespook met “os” en “ot”. Party outjies was in die diep water as hulle “os” gespot het en dan kry hulle in die eksamen “ot”. Ek het toe al tekens van joernalistieke aanleg getoon deur albei konsekwent reg te spel. A vir Afrikaans gekry!

Vandag lees die graad-eentjies in opdrag 100 boekies ‘n maand, en in die stories kom tongknopers voor soos helikoptervlieenier, ambulansbestuurder, gunstelingkleur en vaakoog-slaapkouse. So warempel!

En hulle tongetjies knoop nie eens nie. Hoe het tye nie verander nie!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

댓글


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page