top of page
  • Uitmelkbos

ORCA OP MELKBOS

‘n Reuse-Orca het gister op Melkbos uitgespoel (Die Badpad in Duynefontein).

Ure se gesukkel gewees om die indrukwekkende swart-wit-bont karkas uit te sleep (hier voor ons huis in Penguin Place verby) en op die parkeerterrein langs ons (Strandweg) met stootskrapers, laaigrawe. kettings en wat nog op ‘n l-a-a-ang treiler te laai vir sy laaste onwaardige reis na die “krematorium” by Vissershoek op die N7.

Dit was Melkbos se tweede besoek deur ‘n oorlede Orca in die laaste paar jaar. Hier is natuurlik ook ‘n baie gewilde Orca-visrestaurant op die strand.

Net ‘n handjie vol toeskouers het vasgepen bly staan en kyk hoe planne gemaak word. Die walvis se reusevinne is onder meer met ‘n elektriese boomsaag verwyder om die vrag “hanteerbaarder” te maak.

Toikkie was verbaas om wat vir haar na “vere” gelyk het, op die ou grote se lyf te sien. Later moes sy hoor dis die balein waarvan vroue se vormdrag (borstrokke, man!) gemaak word. Balein is ‘n soort walvisbaard. Die walvis gebruik dit om kos te skep. Ons orca se balein het waarskynlik weens stres en rowwe hantering “uitgespring”.

Ons het ‘n eerbiedige afstand gehandhaaf. ‘n Walvis lyk (en ruik!) nie soos ‘n sardiens nie!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page