Die ou vlag – diepe hartsaak wat hy was – is, wat hierdie ou gryskop betref, finaal gestryk, opgevou en in ‘n kas agter slot en grendel geplaas.
Ek het nie die drang om hom daar te gaan uitgrawe, iewers te hys of rond te swaai nie.
Ek hys hom wel, simbolies, vandag in hierdie blogruimte omdat ene Sarie in Die Burger se SMS-kolommetjie nogal ‘n kolskoot-vraag stel.
Sarie wil weet: vryheidsliedere en die ou vlag – wat is die verskil?
Dit sou insiggewend wees om mense soos Gwede Mantashe en Julius Malema se filosofiese bokspronge hieroor te hoor.
Een verskil, volgens hierdie waarnemer, is dat die vryheidsliedere groepe aggressie, selfs moord, aanmoedig. Vertoning van die die vlag kan dalk as uitdagend ervaar word, maar dit is klaarblyklike tog vreedsaam.
Goeie rede tot twyfel bestaan egter of dit die verskil is wat die boerehaters sal wil uitwys!
Comentarios