top of page
  • Uitmelkbos

Opsommings

Johan Smith skryf oor Die derde graf, deur Calvyn van Niekerk. (Rapport Boeke) Die patroon: vertel die storie, swenk weg na ’n paar kritiese waarnemings, en keer ten slotte terug na ’n paar baie vriendelike opmerkings wat op ’n manier die leser sal laat vermoed dat die boek tog die moeite werd sou wees om te lees. Nou, die kritiese waarnemings is net dit: waarnemings. Geen krag in sulke blertse nie, meneer die resensent. Hulle kry jy eers krag wanneer jy verduidelik hoekom daardie dinge die roman skaad. Hier was nou ’n ideale geleentheid om te skryf oor die manier waarop ’n tema soos onwettige handel in diamante beter of slegter tereg kom in ’n roman, met Kyk-Net se onlangse TV-reeks oor dieselfde onderwerp as verwysingspunt. ’n Verspeelde geleentheid.

JB Roux skryf oor Bloujaar, deur Keina Swart (Boeke24) As mens die lang opsoming van die verhaal ignoreer, sê JB Roux in vier paragrawe alles wat hy moet sê oor hierdie boek. In die laaste paragraaf merk hy op: “’n Mens is nooit te jonk om ’n boek te lees wat regtig saak maak nie.” Sou dit nie interessant gewees het as hy al die ruimte wat hy gebruik het om die verhaal op te som, benut het om te verduidelik hoekom die boek saak maak nie? Die vierde laaste paragraaf wys hy kan.

Charles Smith skryf oor Krokodil aan my skouer: Stoffel toe en nou, deur Christiaan Bakes. (Boeke24) Die probleem met opsommings van boeke is dat hulle ’n kortsluiting by die leser van die resensie veroorsaak. Maar dit kan uiteindelik ook ’n aanvaarbare prosure wees, as die resensent weet hoe om sy kritiek en lof met ’n omweg in te bou in die resensie. Dit is presies wat Charles Smith hier gedoen het. Ingebed in sy bespreking is opmerkings wat dui op huidige en vorige kritiek op die skryfwerk van Christiaan Bakkes. Hy is bewus van die een vraag wat alle potensiële kopers en lesers sal vra: Het ons nie reeds hierdie storie gelees nie? Smith se werkswyse is daarop ingestel om te toon wat nuut is in hierdie boek, en net genoeg te gee om nuuskierigheid by mens te bou. Nie alle resensente het Smith se vaardigheid nie.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page