top of page
  • Uitmelkbos

Op soek na subredakteurs

Erika de Beer skryf oor Skaduself, deur Paula[ Marais (Boeke24) Is daar nie meer subredakteurs by die Afrikaanse koerante nie? Erika de Beer se resensie is in alle opsigte buiten dié van taalgebruik bevredigend. Ten minste drie paragrawe sou daarby gebaat het as iemand dit net vir haar uitmekaargehaal en opnuut geformuleer het. Die ergste daarvan: “Thea, en ook nie Clay of Sanusha nie, maak nie aanspraak op die leser se simpatie nie. Dit word aan jou oorgelaat om te besluit – as jy daardie besluit kan neem.” As ’n subredakteur dit onder hande geneem het, sou dit waarskynlik só gelyk het: “Thea maak nie aanspraak op die leser se simpatie nie – ook nie Clay of Sanusha nie. Dit word aan die leser oorgelaat om self te besluit waar sy/haar simpatie lê.” Dit is hinderlikhede soos hierdie wat die simpatie wat ek met die Afrikaanse oggendblaaie het, van my vervreem.

André le Roux skryf oor Houtwerk vir almal, deur Peter Alkema. (Rapport Boeke) Ek skryf nie oor die resensies van vertaalde werke nie, maar terwyl my irritasievlak oor swak taalgebruik hoog is, moet ek hierdie resensie onder u aandag bring. André le Roux trek die taalgebruik in hierdie vertaalde werk uitmekaar en vra dan die vraag: “Bly daar dus nog ’n boek oor?” Ja, antwoord hy self, dis ideaal vir die beginner-houtwerker. Ek weet nie hoekom hy dié antwoord gee nie, want in die oorblywende deel van die resensie wys hy nog verdere gruwels en leemtes uit. Le Roux sê self ’n slag dat dit lyk of die boek vir Julius Malema geskryf is. Dit is ’n growwe belediging, maar daargelaat. Die boek wat hy beskryf, is ’n beletsel op die goeie naam wat die betrokke uitgewer deur die jare opgebou het, en te oordeel na die aangehaalde foute ’n kru belediging vir enigiemand wat die boek sou aanskaf omdat dit ’n Afrikaanse publikasie is.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page