top of page
  • Uitmelkbos

OORVAL DEUR RUSTIGHEID


 Iemand van die omgewing het die prentjiemooi forelplaas by ons aanbeveel vir slaapplek naby Rawsonville.  Dit sal vir sommige dalk ‘n bietjie eenkant wees. Maar vir die entjie ekstra ry (op goeie grondpad) kry jy ‘n karaktervolle huisie met ‘n groot vuurherd, ‘n eie poeletjie met eende en hope voëlnessies aan die wilgers se takke, asook pragtige uitsigte op die omringende berge.  Lappe wingerd reik tot amper teenaan jou huis.  

 Die sewe kampeerplekke langs die riviertjie lyk vir hierdie nie-kampeerder hemels.

 As jy miere het, kan jy gaan stap hoog bo die kronkelende rivier wat in die vallei ‘n reeks kristalhelder swempoele vorm, of in die wingerde gaan ry. Jy kan natuurlik jou hand wag aan forelhengel, As jy baie aktief is, kan jy ‘n tog te voet of met ‘n bergfiets aandurf.

 Ek het verkies om ‘n tweede bottel Slanghoek Special Reserve oop te maak en my vuur op te pas… Die prys is verrassend – van die Slanghoek reserve en vir Dwarsberg.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

留言


bottom of page