top of page
Uitmelkbos

OOR DUIKERS EN IMPALAS

Hoe verduidelik ‘n mens as jy duikers en impalas so deurmekaarklits asof dit een soort bok is, soos die uwe in sy vorige blog?

Die ergste van alles: niks en niemand kan blameer word nie buiten die gebrek aan konsentrasie en oorhaastigheid aan my eie kant. Mea culpa, kort en klaar.

Jammer, lesers. vir so ‘n liederlike blaps – met Gekkedag al iets van die verlede!

Ek was salig onbewus van hoe ek kleigetrap het, totdat Jeanette Coetzee uit Amerika vra: “Hoe dan nou?”

Die waarheid is natuurlik dat die luislang by Cullinan ‘n impala ingesluk het. My luislang-stories uit Sabiepark gaan almal oor duikers.

My ore tuit as ek vriend en vyand galmend hoor lag oor die grote verleentheid.

Geen ridderorde vir HvD nie, hetsy die Ridderorde van die Impala,die Ridderorde van die Duiker…of selfs die Ridderorde van die Luislang!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page