‘n Koerantman behoort te weet as ‘n storie roep vir ‘n foto om dit net daardie ontbrekende ekstra dimensie te gee.
Om oor Johan van Wyk en sy Gold Wing te skryf sonder ‘n foto van die dramatis personae (man en fiets) was ergerlik onbevredigend. Maar, soos ek verskoning gesoek het, die Strand is nie net anderkant die bult nie.
Boonop had ek die vrees dat dit heelwat oortuigingswerk sou verg om die nodige foto uit die “Oom”” te wurg. Die manne van Kafferrivier se kontrei (boonop ‘n Calvinianer van geboorte) kan koppig wees as hulle wil.
Toe kom Tobie Wiese, reisgenoot op vele avontuurlike tweewiel-togte, tot my redding. Hy stuur stilletjies ‘n paar foto’s aan.
Bo is ‘n foto van Johan van Wyk en sy Honda by ‘n rusplek langs die pad in die Robinsonpas naby Oudtshoorn. Die sigaretjie in sy hand is ‘n periodieke verleiding. Hoop nie dit verskaf vir hom komplikasies by Zandra of sy artse nie.
Betekenisvoller is daardie ruim pakplek vir padkos agter op. As Johan van Wyk oor padkos begin vertel, boeta, dan water jou mond eers ….
コメント