top of page
  • Uitmelkbos

ONTHOU-BLARE


Die Amerikaanse herfs van 1976.

Hierdie blare kom van Lake Winnipesauke in New Hampshire, waar ons een naweek die skouspelagtige New Englandse “Fall” gaan indrink het.

Lake Winnipesaukee is New Hampshire se grootste meer en een van die grootste natuurlike mere in die VSA wat geheelenal binne die grense van een staat val.

Ons praat van ‘n kuslyn van 183 myl (nie kilometer nie) en ‘n oppervlak van 72 vk. myl, mense. Dis baie water – omsoom met bome wat goudgeel, bruin, rooi en oranje verkleur. Nogal ‘n gesig.

Ons het die nag in die Hack-Ma-Taxk-kampterrein oornag. Dit is op U.S. Route 3 by Weir’s Beach. Die staanplek vir ons Corona Merk II-stasiewa (ons het agterin geslaap, opgekrul soos sardientjies) het ons $4,50 gekos.

Die blare is deur ons kinders, Johan (5) en Marisa (3), in ‘n stewige kiesa-tjie onder die digte boomweelde langs U.S. Route 3 opgetel. Ek bewaar dit sedertdien in ‘n album (album 6 van 13) met hope ander foto’s van die “Fall”.

Dink net, hierdie blare is al 36 jaar oud en nog so mooi behoue agter die sellofaan.

Jammer dat ek julle met Amerika beteister, maar die vorige blog oor herfs en so het die ou man skoon nostalgies gemaak.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page