top of page
  • Uitmelkbos

ONTDEK HIERDIE JUWEEL !


Die tweeling Jacob en Thomas geniet dit gate uit  op die watertaxi

Kaapstad se “watertaxi” is steeds die Moederstad se blinkste onontdekte juweel.

Drie keer is die Van Deventers nou al op die kanaal op en af tussen die  Konferensiesentrum en die Waterfront.  Twee keer was dit net ons op die hele boot. Die derde keer was ons enigste geselskap ‘n jongerige Europese egpaar, wat aaneen bly foto’s neem het. Hulle het sommer op die boot gebly vir die terugreis.

Vir R30 vir volwassenes (dankanjy na hartelus heen en weer vaar) bied die watertaxi vir die toeris pragtige uitsigte op die weelderige troshuise van die rykes langs die kanaal – met selfs ‘n luukse-seiljag of drie – op die berg en op Kaapstad se stadsprofiel. Die bestemming in die Waterfront is Sol Kerzner se sesster-hotel, die One and Only.


‘n GROOT uitstappie, meen Christopher

Daardie kennismaking met superweelde maak amper al die uitstappie die moeite werd.  Jy is dan ook sommer by die akwarium en die “Grootwiel”, wat ‘n volgende vreugdevolle ervaring bied – veral as jy opgewonde kinders of kleinkinders by jou het. Omdaardie indrukwekkende staalstruktuur te bestyg en hoog bokant die hawe te swaai – die bergvistas is veral asemrowend –  is duurder.  Ek glo egter: Dis geld goed bestee.  

Dalk is die boot ander tye voller, maar hierdie ou, gewoond aan lewenslank begrotings dophou,  vrees watkangebeur as die somme nie wil uitwerk nie.  Sonder sy kanaalvaarte gaan Kaapstad ‘n armer stad wees.  Moenie dat dit gebeur nie, mense!

‘n Derde element van ‘n lank afgewagte uitstappie saam met die kleinkinders Jacob (8), Thomas (8) en Christopher (3) Claassens was ‘n halfuur-hawevaart op die Lady J. Vaarte om te kus en te keur word gebied.  Ons het nie huiswerk gedoen nie; sommer die eerste die beste gevat. Daarmee sou ons dalk beter kon gevaar het.


Die boot by sy bestemming. Ouma en die drie seuns by die One and Only 

Maar glo my, vir ‘n lekker oggend is die programmetjie wat ek en Tokkie uitgewerk het, eersteklas verby – sesster, soos Sol se hotel.  Die kinders wat ‘n “klein uitstappie” beloof is, was uit hul vel.  “Dis ‘n GROOT uitstappie,”  het Christopher sy boeties agterna gesê.

Amper vergeet ek dat die eerste skof van die reis deur Tokkie en die seuns per MyCitibus van Table View af aangedurf is. Dit was deel van die avontuur.  Oupa is met die Honda agterna (om logistiese redes).  Het die bus net-net geklop tot by die Burgersentrum.  Tokkie beveel ook die busrit sterk aan vir mense wat Kaapstad beter wil leer ken – en dit sluit Kapenaars in wat geneig is om vir sulke aardse plesiertjies neus op trek.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
bottom of page