top of page
  • Izak de Vries

Ons het begin saamdroom

Updated: Dec 15, 2022

15 08 19 Atlantis 1782

* Nommer een: By die ATKV-Liedjieslypskool van 2015 is aangekondig dat Daphne Arendz se lied “Die song wil my nie los” as temalied van die die ATKV-Liedjieslypskool gekies is. Daphne is van Atlantis. (Hier is ’n berig wat ek daaroor geskryf het.) Nommer twee: Anna Davel het toe die Daphne se lied opgeneem. Nommer drie: Annie Petersen van Atlantis het besluit om ’n ATKV-tak te stig daar in Atlantis.

*Die ATKV se nuutste tak


15 08 19 Atlantis 1119

Annie Peterson, Mynie Grové en Morne van Staden Annie Petersen is ’n voorslag, ’n raakvatter. Sy bedryf ’n instansie met die naam Reach out and touch wat kuns gebruik om mense, veral vroue, deur middel van kuns te help wanneer hulle trauma ervaar. Sy is ook die voorsitter van die nuutste ATKV-tak — een wat op 5 Augustus 2015 in Atlantis gestig gestig is. Waarom ’n ATKV-tak in Atlantis? “Ek het by die ATKV-Liedjieslypskool gesien wat die ATKV kan bied vir die gemeenskap,” sê Annie onmiddellik. Sy weet van heelwat talent daar in Atlantis, maar daar is geen geleenthede vir die talentvolle mense om te groei nie. Die stadsraad bewillig wel geld om kuns en kultuur te bevorder, maar dit is dan ’n eenmalige geleentheid is en die talent word nie verder ontwikkel nie.


15 08 19 Atlantis 1076

Morne van Staden Annie het vir Morne van Staden, die organiseerder van die ATKV-Liedjieslypskool, ontmoet. “Ek en Morne het begin saamdroom. Ons het talent wat moet ontwikkel. Ons moet dit doen deur kuns en kultuur. Hier is baie talent. Met die ATKV se hulp kan ons nou mense groter laat dink.” Dit is duidelik dat Annie ’n sagplekkie vir Morne het. “Hy het ’n hart vir mense. Dis dié dat ons hom gevra het om die Atlantis-tak se voog te wees.” Wat is die tak se toekomsvisie? “Sport en musiek bring mense bymekaar,” sê Annie. Aanvanklik will sy die tak vestig deur te fokus op kultuur, soos sang en musiek, maar sy droom ook reeds groter. “Ons praat die ander dag van ’n gemeenskapskoor. Hier moet ook gemeenskapskapsprojekte kom vir opheffing en entrepreneurskap,” sê sy.

*Vrouedagvieringe op 19 Augustus Annie droom egter nie net nie. Sy doen ook. Die eerste groot geleentheid wat die Atlantis-tak gereël het, vind toe reeds reeds op 19 Augustus plaas. Dit was deel van die Vrouemaandvieringe. Die motto was: Laat die droom in jou hart ontsnap. “Baie vroue het baie drome,” sê Annie, “maar hulle kry nooit eens die kans om glamorous geleenthede by te woon nie.” Glamorous? Dit was die 19de Augustus wel. Mynie Grové (AMAGroove en Shoprite TOPSTARS), Fiona van Kerwel (US Woordfees se WOW-projek), Elize Fortuin (ATKV) en Cliffordene Norton (LAPA Uitgewers) was die gassprekers. Die meeste van die ATKV-Liedjieslypskool 2015 se finaliste het ook gesing.


15 08 19 Atlantis 1101

Whaden Johannes, Sumarie Uys, Oswald Johannes, Daphne Arendz, Carlyn Fransman, Remy Alard en Francis Brown


15 08 19 Atlantis 1145

Fiona van Kerwel Fiona van Kerwel het vroue uitgedaag om hulle drome te identifiseer en na te jaag.

15 08 19 Atlantis 1073

Francis Brown Tannie Francis Brown het gesing. Sy is 'n inspirasie!


15 08 19 Atlantis 1190

Mynie Grové wys wat sy van tannie Francis dink

15 08 19 Atlantis 1221

Remy Alard Remy Alard se lied is ’n ode aan die ma wat twee mense se werk doen. Die ma is ma en pa in baie mense se huishouding.

15 08 19 Atlantis 1234

Cliffordene Norton Clifforden Norton is ’n uitgewer by LAPA, ’n blogger en ’n aktivis. Sy het die gehoor herinner daaraan dat Vrouedag gevier word omdat 20 000 vroue gekies het om die apartheidsregering uit te daag. Daardie vroue het nie opgehou ná hulle een keer gemarsjeer het nie. Hulle het aangehou tot apartheid geval het. Net so moet vandag se vroue nie ophou droom nie. Hulle moet aanhou om hulle drome na te jaag. Kyk na tannie Francis, sê Cliffordene. Sy is 62 en steeds jaag sy haar droom na.

15 08 19 Atlantis 1065

Daphne Arendz Daphne Arendz het gesing. Dit is sy wat die “Die song wil my nie los nie” geskryf het.

15 08 19 Atlantis 1059

Oswald Johannes Oom Oswald Johannes se lied was ook ’n ode aan sterk vroue en moeders.

15 08 19 Atlantis 1312

Elize Fortuin Elize Fortuin het vroue aangemoedig om na hulleself om te sien en om hulle eie talent te ontwikkel. Vroue is so geneig om altyd vir ander te werk, dat hulle vergeet om na hulleself om te sien.

15 08 19 Atlantis 1374

Mynie Grové Mynie Grové het vertel dat haar ma aanvanklik niks wou weet daarvan dat sy musiek haar loopbaan maak nie, tog het sy aangehou droom.

15 08 19 Atlantis 1764

Daphne en Mynie Toe kondig Grové aan dat “Die song wil my nie los nie”, geskryf deur Daphne Arendz van Atlantis, nou op alle digitale webwerwe te koop aangebied word en dat alle inkomste wat uit die verkope gegenereer word, gebruik sal word om ’n musieksentrum in Atlantis te bou. Morne van Staden, die Organiseerder: ATKV-Liedjieslypskool, het kort hiera op Facebook gesê: “Die song wil my nie los nie” is nou beskikbaar op al die digitale werwe. So! Begin aflaai dat dit die gewildste song word en dat ons daardie musieksentrum in Atlantis kan begin. Ons bring Atlantis se song terug Atlantis toe om te werk vir die mense van Atlantis!


15 08 19 Atlantis 1530

Carlyn Fransman

15 08 19 Atlantis 1518

Sumarie Uys Carlyn Fransman en Sumarie Uys het ook opgetree.

15 08 19 Atlantis 1601

Clive Swart World Vision se Clive Swart het daarop gewys dat daar in ons land se kerke fantastiese kore en jazzsanger is. Hy het mense aangemoedig om die geleenthede te gebruik wat die ATKV skep.

15 08 19 Atlantis 1645

Cyril Dicks Kaptein Cyril Dicks, die hoof van die polisiestasie in Atlantis, gebruik musiek om met skoolkinders te kommunikeer. Dwelms is nie ons kultuur nie, sê hy. Dit is van buite af gebring.

15 08 19 Atlantis 1041

Whaden Johannes Daarna het Whaden Johannes die laaste lied gesing voor daar geëet is en talle foto’s geneem is.


15 08 19 Atlantis 1719

15 08 19 Atlantis 1720
15 08 19 Atlantis 1725
15 08 19 Atlantis 1757

15 08 19 Atlantis 1765

15 08 19 Atlantis 1777

15 08 19 Atlantis 1784

15 08 19 Atlantis 1791

15 08 19 Atlantis 1792

15 08 19 Atlantis 1797

15 08 19 Atlantis 1803

15 08 19 Atlantis 1807

15 08 19 Atlantis 1811

15 08 19 Atlantis 1815

15 08 19 Atlantis 1819

15 08 19 Atlantis 1827

15 08 19 Atlantis 1831

15 08 19 Atlantis 1837

15 08 19 Atlantis 1852

15 08 19 Atlantis 1855

15 08 19 Atlantis 1858

15 08 19 Atlantis 1861

15 08 19 Atlantis 1865

15 08 19 Atlantis 1873

15 08 19 Atlantis 1876

15 08 19 Atlantis 1878

15 08 19 Atlantis 1885

15 08 19 Atlantis 1887

15 08 19 Atlantis 1893

15 08 19 Atlantis 1897

15 08 19 Atlantis 1901

*

15 08 19 Atlantis 1843

Oupa, Mynie, tannie Francis Tannie Francis en haar man, Oupa, woon daar in Atlantis.

15 08 19 Atlantis 1930
15 08 19 Atlantis 1915
15 08 19 Atlantis 1929

*


15 08 19 Atlantis 1933

Op pad huis toe het hierdie blommetjies gesê: Dit is lente! 'n Week gelede was hier niks om te aanskou nie.

Atlantis het ook nog eens vir my gewys: Daar is baie, baie talent wat wag om te ontwaak.

Koop "Die song wil my nie los nie" deur Daphne Arendz en help Atlantis om te blom!

2 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring,...

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer...

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai...

Kommentare


bottom of page