top of page
  • Uitmelkbos

ONHEILSBRAAI



So laat weet Willem van Aardt uit Somerset-Oos se kontrei oor die verwoestende St. Francisbaai-inferno. 

‘n Gelukkiger boodskap kom van Boet Troskie uit Bloemfontein:  Ons huis is op die eiland en omring met kanale. Dus is ons veilig.

Herman le Roux laat weet uit Randburg: David Serfontein (‘n gemeenskaplike vriend wat ook ‘n Sabieparke-eienaar is) het ‘n huis op St. Francisbaai. Hy weet nog nie.

Jean le Roux laat weet uit Hermanus: Pieter, ons jongste, se skoonpa woon op St. Francisbaai.  Ons wag in spanning op nuus.

Reaksie stroom in op die dramatiese Twitterfoto’s wat deur my vriend Leo Kritzinger van Proteahoogte. Brackenfell, vir my gestuur is, en dadelik deur my per e-pos en Facebook verder versprei is.

Die krag van die sosiale media word opnuut beklemtoon.  Ek ys in my wese as oud-koerantman oor die onmiddellikheid van hierdie nuwe mededinger. Maar tog … aan koerante bly ek glo. Hulle is “soos moedersmelk”.  Dit net terloops.

Wat kan ‘n mens oor so ‘n verpletterende ramp se?  Tot 100 paleise in daardie speelplek vir rykes nou swart murasies.  Die skilderagtige toneel van imposante wit wonings met karaktervolle rietdakke langs blou kanale waarop bote dobber, is oornag deur ‘n vlammesee verteer.  Skade van tot R400 miljoen aangerig (eie vinnige berekening). 

Dit alles deur ‘n dwase vleisbraaivuur in ‘n stormwind.  Miskien is ek bo alles die dankbaarste dat dit nie my tjoppie en worsie op daardie onheilsrooster was nie.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page