top of page
  • Uitmelkbos

Onderweg na die beter diens

Wat ‘n teneerdrukkende spul!

Rapport-Boeke het afgelope Sondag ses stories rondom boeke gedra wat ideale materiaal vir BY sou gewees het, ses resensies gehad oor die boeke op die kortlys vir die Britse Orange-prys, asook drie resensies van Engelse boeke oor die Suid-Afrikaanse ervarings van mense van Chinese afkoms, een storie oor boekbemarking wat beter in Rapport se sakeblaaie sou gehoort het, ‘n promosie-artikel (‘n ware resensie kan mens dit nie noem nie) deur Leon Rousseau oor kinder- en jeugboeke, ‘n resensie oor ‘n plaaslike Engelse boek en een oor ‘n Amerikaanse boek van Nora Ephron (waarskynlik die swakste resensie wat nog ooit in Rapport geplaas is – die resensent het duidelik nie die vaagste benul dat Ephron al twaalf boeke gepubliseer het nie) en dan uiteindelik ‘n resensie oor ‘n Afrikaanse boek. J.B. (“Jaybee”) Roux bespreek E. Kotzé se Hoogty.

‘n Dag later debuteer Elmari Rautenbach se nuwe Boekeblad. Twee Engelse boeke word bespreek, en een Afrikaanse boek, uitvoerig geïllustreer asof dit ‘n storie in BY is. Daar is ook ‘n paar interessante brokkies oor boeke en boekenuus, plus ‘n wenk dat ons op die blad se webwerf, www.boeke24.net sal kan gaan lees wat Cecile Cilliers skryf. Maar ons kan nie, dis ‘n skakel na ‘n blad met slegs een klein brokkie oor ‘n gedoente wat Jenny Crwys-Williams aan die gang gesit het oor speurverhale.

Dis duidelik dat Rautenbach se boekeblad nog in sy tandekry-stadium is. Dis nog onderweg na die “beter diens” wat Tim du Plessis aan Afrikaanse skrywers beloof het. Kom ons gee Rautenbach die voordeel van die twyfel. Of ‘n mens só vriendelik oor Rapport-Boeke kan wees, weet ek nie. Waar is Rachelle Greeff noudat die Afrikaanse boek haar nodig het?

Daarom, liewe leser, sê ek vir eers te hel hiermee. Ek gaan nou ‘n maand lank vakansie hou. Wanneer ek terugkeer, sal daar hopelik Afrikaanse resensies wees waaroor ‘n mens kan skryf.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page