top of page
Uitmelkbos

Onafgerond

Hier’s ek weer, hier’s ek weer …

Neil Cochrane skryf oor Meditasies, deur Joan Hambidge. (Boeke24) Toereikend – alles raakgesien wat raak te siene is. Positief en negatief vermeld. Sterkste opmerking in die resensie (“Hambidge publiseer gewoon te veel, soos kritici al uitgewys het”) sou beter kapstok vir resensie gewees het. Dan kon hy gesê het watter kritici het al so iets kwytgeraak, en aan die hand van voorbeelde wys hoekom dit beter sou gewees het dat sy haar langsaam haas. Dit sal meer substansiële analise verg om die digter tot orde te roep – die opmerkings oor clichés en geykte uitdrukkings en oorbekende temas is nie genoeg nie. Dit laat my onoortuig, gegee die oormaat positiewe dinge wat hy opnoem.

Dewald Koen skryf oor Nuwe stories 2, saamgestel deur Suzette Kotzé-Myburgh en Leti Kleyn. (Boeke24) Nuwe stemme 2 is die neerslag van ’n kortverhaalkompetisie wat LitNet en H&R aangebied het. Koen se bespreking daarvan is lank in aanloop, maar skiet tekort wanneer dit kom by taksering. Dit is goed dat hy ’n hoogtepunt van die bundel identifiseer, maar dan moet hy ook verduidelik hoekom. ’n Samevatting van die tematiek is nie voldoende nie. Die resensent gee ook tekens dat hy nog nie heeltemal woordvas is nie. Om te sê dat ’n verhaal “roerend” is, kan na vele kante slaan. Dit kan ontroerend wees, dit kan klierklitsend wees. Om net twee te noem. En net om my verder negatief te stem: Hoekom na clichés verwys sonder om te sê waar hy hulle aangetref het, of te sê dat sommige verhale afgestomp raak sonder om te verduidelik wat hy daarmee bedoel?

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page