* * *
Ek het vanoggend weer besef hoeveel ek gewoon nie weet nie.
Deksels, man. Armoede is boos.
Net ’n dag te vore lees ek weer hoe een van die Rock girls vertel hoe moeilik dit is om skool toe te gaan as die bendes skiet in Mannenberg. Ons kla vinnig oor geweld, maar ons het nie ’n idee hoe dit is om werklik in ’n oorlogsone te bly nie.
Dit gebeur egter nie net in Suid-Afrika nie. Lees gerus hierdie insiggewende berig oor die werkersklas in die VSA.
* * * As jou maag nog kan hanteer, hier is ’n artikel oor die lewe in ’n plakkerskamp op Worcester.
Comments