Kom jol in Soweto, kom na ‘n township-opskop, kom kuier eet en drink in “tradisionele” restaurants, kroee en kafees … Met lusmakertjies in hierdie trant word Nederlandse toeriste vir die Wêreldbekersokker na Suid-Afrika gelok. In ‘n publikasie van South African Tourism, spesiaal vir die WB- besoekers, word toeriste o.m. soos volg ingelig: Johannesburg “Uitgaansleven…. Van de funkybclubs en kroegen in Soweto, via de ontspannen jazzy geluiden in Newtown naar de stijlvolle uitgaansgelegenheden in de noordelijke buitenwijken: Joburg biedt voor elk wat wils” Soweto… “Een bezoek aan een van de vele restaurants en café’s van Soweto mag u niet missen.” “Shoppen” word aanbeveel in Sandton, Nelson Mandela Square, Eastgate en Southgate en die Maponya Mall in Soweto. Nelspruit “Accommodatie “Stadshotels, lodges , bed & breakfasts, country hotels, luxe game lodges of een verblijf in de townships….” Van moontlike veiligheidsrisiko’s word geen woord gerep nie. en van waarskuwings teen gevare is geen sprake nie. Ek vra met trane in my “navy blue” oë: Hoe op aarde wil hulle alles beveilig?
‘n Mens vrees ‘n klomp naiëwes kom hul koppe hard stamp hier te lande … en ek praat nie van die rondstamp van die ronnebôl in een van die superstadions nie!
Comments