top of page
Izak de Vries

Om ostranenie te ervaar

(Nee, nie een van die foto’s is myne nie.) Ek het die 30ste April die opening van ’n interessante, skynbaar eklektiese, kunsuitstalling bygewoon: “My wêreld / My world” deur Guy du Toit, Corina Lemmer en Johan Kotze. Dit vind plaas in die Oude Libertas Galery, net langs die amfiteater en is nog aan tot 31 Mei. Toegang is gratis, so dis die moeite werd om te gaan kyk. Die drie uitstallers se werk is skynbaar uiteenlopend, en tog is daar ’n duidelike tema: Hulle neem die alledaagse en laat ’n mens ’n tweede keer daarna kyk. Van die drie kunstenaars is Guy du Toit met sy bronswerk waarskynlik die bekendste. “I am here to see your bunnies,” het een van Guy se vriende vir hom gesê. Guy se hasies is inderdaad bekend, maar hy het heelwat ander werk ook uitgestal. Du Toit maak alledaagse objekte uit brons. ’n Bekende werk is die plastiekstoel wat uit brons gemaak is. Dit was nie by hierdie uitstalling nie, maar hier was tikmasjiene met blompotte op en bondels dennetakkies tussen die hasies. Hoekom? Waarom iets só alledaags in brons giet?

2011_01
Lemmer8L
10246640_10152428373661095_4660943700243960299_n
0 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Opmerkingen


bottom of page