top of page
  • Uitmelkbos

OM OLIFANT IN TE SLUK


Sal met ‘n wit sakdoekie wuif. Hou vir ons dop op die langafstand- webcams en dinge! 

As jy romanties na die saak wil kyk, sou jy kon praat van ‘n droom wat bewaarheid word.  Die uwe en Tokkie praat al lank van  ‘n vaartjie op die QM2.  Die probleem was nog altyd dat sulke kort (bekostigbare) vaartjies soos ons in gedagte het, nie bestaan nie.

Toe begin ek my vrou sagmaak vir ‘n vaart na Southampton.  Goed, willig sy later in.  Komplikasie: Die volgende een is eers in 2015.  Lang wag vir ‘n ou man!  Ek bly dus maar op die webwerbe karring.

Verlede week wanneer lees ek die “special” raak: 26 ntsCape Town to Sydney & Hong Kong Stay. Om die een of ander rede dwaal ek telkens terug.

Ekskuus vir die baie Engels – oefen om op die dek van die ou dame my man te kan staan – maar die volgende paragrafie gee uiteindelik die deurslag:

Your journey begins at the port of Cape Town. You will then set sail on a 22 nights Queen Mary 2 cruise from Cape Town, visiting Cape Town, Durban, Mauritius, Fremantle, Melbourne and finally Sydney. In Sydney you’ll spend 2 nights in a 4* hotel. In Hong Kong you’ll spend 2 nights in a 4* hotel. Your journey ends with a flight back home.

 Toe pak ‘n ongekende impulsiwiteitr  die ou man.  TvD het dit agterna so gediagnoseer: Jy het vir ‘n heupvervanging gegaan en toe sommer ‘n kopvervanging op die koop toe gekry!

Nietemin, Om 09:30 het eke met ene Amanda van Imagine Cruising gepraat. Teen 12:00 was op die passasierslys die name van: Jakob Hendrik van Deventer en Gesinna Susara van Deventer. Ahooi, Sydney, ahooi!


 Maar oom Barnie Human van Bloemfontein het altyd die wysheid kwytgeraak: As jy ‘n olifant insluk, moet jy nie skrik vir die stertjie nie.

 Dus: sluk, Hennie, sluk …. die olifant is pens en groot pote in – net die stertjie is oor.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page