top of page
  • Uitmelkbos

OLIFANT-AVONTURE


MY ou maaifoedie van ‘n olifant, Mayafudi, begin van vandag, Woensdag 14 November, nuwe bosse ooptrap.  My eerste e-boek, “Spore in die bos”, en ander publikasies van e-Boeke vir Afrika raak nou teen baie bekostigbare pryse op Kobo in ePub-formaat te koop.

 Dié heuglike ontwikkeling hou verband met die ooreenkoms tussen Kobo en PicknPay ingevolge waarvan ‘n Kobo-leser nou vir R995 by PnP gekoop kan word. Boonop span  Kalahari en Bargain Books ook saam,  en sal Kalahari se Gobi-leser nou by alle Bargain Books-winkels te koop wees. Marinda Ehllers, uitgewer, voorsien dat hierdie nuwe ontwikkelinge die e-boekmark in SA ‘n reuse-hupstoot gaan gee.

My tydenootlike en ewe oue kollega Chris Moolman se “Spertyd vir Moord” word saam met “Spore”” aangebied. Tot vandag was ons twee oues se e-boekies op Amazon se KDP Select. Daarom kon hulle nêrens anders verkoop word nie. Nou kry hulle as ‘t ware vrye teuels. 

Al die boeke bly ook steeds op Amazon beskikbaar vir  Kindle-lesers. E-boeke dek dus nou al die e-boekformate. Om Marinda aan te haal: “Niemand het meer ‘n verskoning om nie julle boeke te koop nie. Praat julle vriende aan!” Dis wat ek hier probeer doen, Marinda! Toe mense, laat die bosse kraak!

Anton J Jansen   het “Mayafudi”  —  oftewel dan in sy verwerkte e-vorm “Spore in die Bos” – vier sterre gegee het. Hy noem dit in sy tog saam met Mayafudi in sy resensie op Amazon op 30 Augustus ‘n Fabelagtige ervaring .Dankie, Anton.

Jansen skryf uit Taiwan waar hy as onderwyser ook sy klassie opgewonde Chinesies in die olifant-avonture van die Wildtuin laat deel het. Oor “Spore”” skryf hy:  “Die boek is beslis ‘n moet lees vir alle diereliefhebbers, want dis werklik fabelagtige werk. As mense is daar soveel wat ons by hierdie dierbare olifantkan leer; en met oorvertelling,kan selfs kinders hom leer ken. Dus is dit nie net ‘n lekkerlees verhaal nie, maar dis uiters opvoedkundig…. wees gereed om in kontak te kom met jou emosies wanneer jy Mayafudi leer ken en ervaar. Ek sak my kop in skaamte vir die feit dat ons ons diereryk so onderskat.”

Marinda Ehlers het op haar webblad geskryf: “Glo my, jy kan ‘n hele paar lewenslesse by hierdie olifant leer. Hou maar die snesies byderhand: vir lag én vir huil.”

Moenie hierdie ou oor Kobo’s en dinge vra nie. Ene Annemarie-Taylor rapporteer egter op Facebook:  “Ek lees nog ‘n hond uit ‘n bos uit op my Kobo…. .Die letters is vir my duideliker as op my Kindle (wat nou ‘n ander baas gekry het). So, ek beveel beslis die Kobo aan. ”

 Die goeie nuus is dat jy nie ekstra toerusting hoef aan te skaf om “Spore”en sy maats te lees nie. As jy reeds Adobe Digital Editions (ADE) op jou rekenaar het, hoef jy nie eens die Kobo app af te laai om boeke te lees wat jy by Kobo koop nie. Jy kan hulle net daar in ADE lees of daarvandaan na enige e-leser toe oordra wat Adobe DRM ePubkanlees.  Of so iets.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page