top of page
Chomsetussenbetragtings

OK nog een laaste enetjie voor ek begin ernstig raak...

Ek het die gym gekontak en 'n afspraak gemaak met my persoonlike afrigter, Steve. Hy het my vertel hy is 26 jaar oud, 'n spinning instructor en 'n underwear model.

Werner was baie beindruk met my entoesiasme om te begin oefen! Die gym het my aangemoedig om 'n dagboek te hou van my vordering:


MAANDAG:

My dag begin 06:00. Baie moeilik om so vroeg op te staan, maar dit was beslis die moeite werd toe ek by die gym aankom en Steve sien wag vir my. Hy is 'n Griekse God met blonde hare, smeulende oë, 'n gespierde lyf en die mooiste glimlag wat ek nog gesien het!

Woo Hoo!!

Hy het my hartklop gemonitor na 5 minute op die treadmill. Was bekommerd oor my vinnige hartklop. Ek het hom gerusgestel, en verduidelik die rede daarvoor was omdat hy langs my gestaan het in sy stywe oefenklere. Hy het my aangemoedig terwyl ek sit-ups gedoen het, al was my pens al klaar so seer van die heeltyd inhou terwyl Steve naby my was. Was baie inspirerend om hom te sien buk om strekoefeninge te doen!

Gaan 'n FANTASTIESE week wees, kan nie wag vir more nie!


DINSDAG:

Ek moes 'n hele pot koffie gedrink het, maar het wel uiteindelik die huis verlaat. Steve het my maak op my rug lê en 'n ysterpaal in die lug hou bo my gesig, en toe sit hy gewigte ook op die paal! My bene was baie bewerig op die treadmill, ek het amper 'n hele 5 minute gedoen. Steve se mooi glimlag het dit die moeite werd gemaak! Ek voel WONDERLIK! Dit is 'n nuwe lewe vir my!


WOENSDAG:

Die enigste manier om my tande te borsel, was om die tandeborsel op die wasbak te sit en my mond heen en weer te beweeg daaroor. Ek dink altwee my tietspiere is geskeur! Om te bestuur was oraait, solank ek nie hoef te gedraai het of briek te trap nie. Ek het bo-op iemand se motorfiets gestop by die gym. Steve was baie kortaf met my, het aangedring my gegillery pla die ander mense in die gym. Sy stem is gans en al te perky so vroeg in die more. Hy irriteer my!

My bors brand as ek op die treadmill klim, so Steve het my laat oefen op die stair monster. Vir wat de fok sal iemand 'n masjien maak wat jou laat dink jy klim trappe? Niemand klim meer trappe nie, dis hoekom ons hysbakke het.

Steve reken dit sal my help om 'n sexy lyf te kry. Hy het ook 'n klomp ander kak kwytgeraak.


DONDERDAG:

Steve het vir my gewag met sy Doberman-tande wat by sy dun lippies uitgesteek het. Ek kon nie help dat ek 'n halfuur laat was nie, dit is hoe lank dit my geneem het om my tekkies vas te maak. Steve het my laat oefen met dumbbells. Toe hy nie gekyk het nie, het ek gaan wegkruip in die manstoilet.

Vir my straf het hy my op die rowing masjien gesit. Ek het gesink.


VRYDAG:

Ek haat daai doos Steve so baie. Dink nie een mens het al ooit 'n ander mens so baie gehaat in die hele geskiedenis van die wêreld nie. Onnosele, maergat, anoreksiese ottergevreet!. As daar 'n deel van my lyf was wat nie onophoudelik gepyn het nie, sou ek hom daarmee gemoer het. Steve wou gehad het ek moes werk aan my triceps. Ek het nie fokken triceps nie!

En as hy nie gate in die vloer wou gehad het nie, dan moes hy nie vir my die donnerse barbells gegee het nie. Of enigiets wat swaarder as 'n toebroodjie is nie!

Die treadmill het my afgegooi en ek het op my gesig geval.


SATERDAG:

Steve het 'n boodskap op my selfoon gelos in sy rasperige stem wat my oordromme laat bloei het. Wou weet hoekom ek nie kom oefen het nie. Toe ek hom hoor wou ek my selfoon stukkend gooi, maar ek het niks krag gehad nie.

Alles het gepyn! Al wat ek kon doen was om my pinkie te gebruik om die tv remote te druk. Het heeldag soapies gekyk.


SONDAG:

Die kerk se bussie gaan my kom oplaai vir die diens. Gaan om dankie te sê dat die week verby is. Ek hoop Werner (die fokker) gaan vir my 'n beter geskenk gee volgende jaar!!

2 views

Recent Posts

See All

Net 9 disse?

Kom ek op hierdie interessante berig in die Sowetan af vandag, en herken myself toe baie goed! Alhoewel die studie onder die Britte...

My kortverhale (wow, dit was pret!)

Hy klap die agterdeur met 'n dawerende slag agter hom toe. Sy bly op die vloer sit, en vryf oor haar brandende wang. *** "Mamma, waar's...

Joeeeeehoeeee! Ek's terug! (dink ek...)

Hallo liewe blogvriende! Ja, vir die eerste keer in VIER maande het ek weer soortvan internettoegang! Dankie vir die van julle wat my nie...

コメント


bottom of page